Wenkem-logo-Horizontal-(Geen-Alternatief)

BLOK D, REGENCY KANTOOR PARK, ROUTE 21, IRENE
POSBUS 4949, RIETVALLEIRAND, 0174
TEL NR. 012 345 3201; FAKS NR. 012 345 3475

REG NR 1988/003854/07

BESLOTE KORPORASIE / MAATSKAPPY AANSOEK

 

Besonderhede van persoon wat die aansoekvorm voltooi

 

Besonderhede van die Koper

  • Kontakbesonderhede

  • Ouditeure / Boekhouers

  • Krediet Verlang

  • Bankbesonderhede

  • BTW Registrasie

  • Koper se Handelsverwysings



  • Besonderhede van Direkteure/Lede






 

Finansiële Inligting

 

Stawende Dokumentasie Aangeheg

    Alle Applikante

 
 
 

Verifikasie

DIE ONDERSTAANDE MOET ASB GEDRUK EN PER HAND INGEVUL WORD


Termes en Voorwaardes

  1. Interpretasie
    1. “Koper” beteken die party wat ’n mondelingse of skriftelike bestelling by die Verkoper plaas.
    2. “Verkoper” beteken Wenkem S.A. (Edms) Bpk.
    3. “Produkte” beteken enige van die produkte wat die Verkoper aan die Koper verkoop het of gaan verkoop.

  2. Onderneming en Erkenning van die Koper
    1. Die Koper onderneem om die etikette op die Produkte of enige tegniese literatuur wat saam met die Produkte voorsien word, te bestudeer en om hom/haar/hulself te vergewis van die inhoud daarvan voordat hy/sy/hulle sodanige Produkte gebruik.
    2. Die Koper onderneem en waarborg dat die Koper nie enige Produkte sal weggee, verkoop, verruil of andersins sal vervreem nie, of enige Produkte ten gunste van ‘n derde party sal toedien of gebruik of toelaat dat enige Produkte deur ‘n derde party bekom of gebruik word nie totdat die eiendomsreg van die Produkte op die Koper oorgegaan het nie.
    3. Die Koper onderneem om nie die Produkte te gebruik indien dit tydens aflewering blyk dat die houer waarin dit verpak is, nie dig is nie of voorheen oopgemaak is of andersins mee gepeuter is.
    4. Die Koper erken dat hy/sy/hulle bewus is daarvan dat hy/sy/hulle of die persone wat die Produkte namens hy/sy/hulle hanteer persoonlike beserings en finansiële skade kan ly indien die Produkte nie streng ooreenkomstig die gebruiksaanwysings en ander inligting op die etiket en enige meegaande handleidings aangewend word nie.

  3. Pryse en Terme
    1. Tensy anders skriftelik ooreengekom, is die koopprys die Verkoper of sy verteenwoordiger se gelyste prys soos op datum van aanvaarding van die bestelling welke pryslys op aanvraag aan die Koper beskikbaar gestel sal word.
    2. Die Verkoper en/of sy verteenwoordiger behou die reg voor om sy pryslys van tyd tot tyd te wysig sonder kennisgewing aan die Koper.
    3. Alle transaksies sal op ‘n kontant basis plaasvind tensy die Koper se aansoek om kredietfasiliteite goedgekeur is.
    4. Indien die Koper kredietfasiliteite by Verkoper het en Produkte op krediet koop sal die koopprys betaalbaar wees binne die termyn soos aangedui op die state waarop die fakture die eerste keer verskyn.
    5. Eiendomsreg van die Produkte sal nie op die Koper oorgaan totdat die koopprys ten volle betaal is nie.
    6. Enige ooreenkoms wat die Koper en die Verkoper se verteenwoordiger of agent bereik het met betrekking tot afslag of betaling sal alleenlik van krag wees indien dit op die Verkoper se bestel/afleweringsnote aangeteken is en is onderhewig aan aanvaarding deur die Verkoper.
    7. Alle uitstaande bedrae, insluitende uitstaande rente bedrae, sal rente dra teen 5% bo die prima uitleenkoers soos gekwoteer deur Standard Bank Beperk van tyd tot tyd.
    8. Indien enige betaling agterstallig is of as die Koper versuim om enige verpligtinge teenoor die Verkoper na te kom sal alle uitstaande bedrae onmiddellik opeisbaar en betaalbaar word.

  4. Lewering
    1. ’n Afleweringsnota moet by lewering van die Produkte onderteken word en sodanige ondertekening van die afleweringsnota deur die Koper of enige iemand anders by die plek van aflewering sal prima facie bewys wees dat die Produkte in goeie toestand was tydens aflewering.
    2. Risiko gaan oor op die Koper sodra die Produkte by die Koper afgelewer is.
    3. Die Koper moet die Verkoper binne sewe (7) dae na aflewering van die Produkte in kennis stel van enige skade aan die Produkte veroorsaak deur enige karweier.
    4. Geen terugsending van Produkte wat korrek gelewer is in terme van die ooreenkom sal sonder die Verkoper se voorafgaande toestemming aanvaar word nie.
    5. Indien die Verkoper toestem om die Produkte terug te neem sal die koste van terugsending, insluitende verpakking en versekering, deur die Koper gedra word. Die Koper dra die risiko ten opsigte van sodanige Produkte totdat die Verkoper dit ontvang het.

  5. Waarborge, Voorstellings en aanspreeklikheid
    1. Die Verkoper sal verseker dat die gelewerde Produkte ooreenkom met die etiketsbeskrywing soos wetlik voorgeskryf. Afgesien van hierdie verpligting, word die Produkte ‘voetstoots’ verkoop, sonder enige voorstelling of oorreding, en sonder enige uitdruklike, stilswyende of gemeenregtelike waarborg van enige aard betreffende die kwaliteit of geskiktheid vir enige doel, welke waarborge die Koper uitdruklik van afstand doen deur ondertekening van hierdie ooreenkoms.
    2. Die Koper erken dat hy/sy/hulle nie sal steun op enige voorstellings gemaak, advies gegee, inligting verskaf of tegniese bystand verleen deur of namens die Verkoper, of enige van sy werknemers, verteenwoordiger of agente nie, tensy dit vervat is in: -
      1. ‘n skriftelike mededeling gerig aan die Koper en wat onderteken is deur ’n werknemer, verteenwoordiger of agent van die Verkoper;
      2. die geregistreerde etiket van ‘n Produk; of
      3. amptelike tegniese literatuur verskaf deur of namens die Verkoper in verband met ‘n Produk.
    3. Indien enige materiële gebrek in ‘n Produk voorkom wat nie veroorsaak is deur enige doen of late van die Koper of die Koper se verteenwoordiger nie, sal die gebrekkige Produk gratis deur die Verkoper vervang word of, indien die Koper dit so verkies, sal die volle koopprys daarvan terugbetaal word aan die Koper.
    4. Enige aanspreeklikheid van die Verkoper vir verbreking van enige bepaling van hierdie ooreenkoms sal beperk wees tot die kostelose vervanging van sodanige saad of terugbetaling van die koopprys deur die Verkoper aan die Koper, mits die kooprys ten volle betaal is deur die Koper.

  6. Klagteprosedure
    1. Binne sewe (7) dae nadat die Verkoper bewus geword het van enige omstandighede wat mag lei tot ’n moontlike eis deur die Koper teen die Verkoper, moet die Koper:
      1. die Verkoper se verteenwoordiger, werknemer of agent telefonies of in persoon in kennis stel daarvan; en
      2. ‘n klagtevorm voltooi.
    2. Nadat die Koper die klagtevorm soos genoem in paragraaf 6.1.2 voltooi het sal die Verkoper toesien tot die inspeksie van die betrokke landerye, oeste of vee.
    3. Nadat die Verkoper die inspeksie, soos genoem in paragraaf 6.2, voltooi het mag die Verkoper die Koper skriftelik adviseer oor verdere stappe wat gedoen kan word ten einde enige moontlike skade en verliese te beperk.
    4. Die Koper is aanspreeklik vir die koste verbonde aan die implementering van die advies soos genoem in paragraaf 6.3.

  7. Kansellasie
    1. Die Verkoper mag enige bestelling of enige gedeelte daarvan wat nog nie gelewer is nie kanselleer indien:
      1. die Koper enige van hierdie terme en voorwaardes verbreek; of
      2. die Koper tot sterwe kom; of
      3. die Koper voorlopig of finaal gesekwestreer/ gelikwideer/onder geregtelike bestuur geplaas word, of sy/haar/hulle boedel oorgee of aansoek gedoen word om sy/haar/hulle boedel oor te gee; of
      4. ’n hofbevel wat teen die Koper verkry word vir ’n tydperk van sewe (7) dae onbetaald is; of
      5. die Koper ’n kompromie met enige van sy/haar/hulle krediteure aangaan of poog aan te gaan.
    2. Die Verkoper se regte genoem in paragraaf 7.1 is nie alles omvattend nie en is bykomstig tot die gemeenregtelike regte wat tot die Verkoper se beskikking is.
    3. Indien enige ooreenkoms tussen die Verkoper en Koper om watter rede ook al gekanselleer word sal alle uitstaande bedrae onmiddellik opeisbaar en betaalbaar word.

  8. Algemeen
    1. Die Verkoper is nie die vervaardiger van die Produkte nie, en die Koper erken dat hy/sy/hulle daarvan kennis dra.
    2. Hierdie terme en voorwaardes sal van toepassing wees op elke ooreenkoms tussen die Verkoper en die Koper, skriftelik of mondelings, en enige wysigings of afstanddoening van die terme en voorwaardes moet op skrif wees en deur die Koper en ’n direkteur van die Verkoper onderteken word om geldig te wees.
    3. Geen tegemoetkoming, verslapping of toegewing wat op enige stadium deur die Verkoper toegelaat word en geen versuim deur die Verkoper om op enige stadium tydig of spoedig enige reg kragtens hierdie terme en voorwaardes af te dwing sal geag word om neer te kom op ‘n afstanddoening van die Verkoper se reg om sodanige verpligtinge op enige latere geleentheid streng af te dwing nie of beskou word as ‘n vernuwing van enige van hierdie terme en voorwaardes nie.
    4. ‘n Sertifikaat onderteken deur enige direkteur of bestuurder van die Verkoper (wie se aanstelling, bevoegdheid of kwalifikasie nie bewys hoef te word nie) sal as prima facie bewys dien van die verskuldigde bedrag.
    5. Die Koper onderneem om nie die betaling van die koopprys te weerhou in geval van 'n dispuut tussen die partye nie, welke koopprys die Verkoper dadelik nadat die Koper dit aan die Verkoper oorbetaal het rentedraend op trust moet belê hangende die oplossing van die dispuut.
    6. Die Verkoper mag enige geregtelike stappe hoegenaamd wat hieruit mag voortspruit instel uit die Gauteng Noord Afdeling van die Hoë Hof van Suid-Afrika, of enige ander hof wat jurisdiksie mag hê oor die Koper of, na keuse van die Verkoper, die Landdroshof wat jurisdiksie het ingevolge Artikel 28 van die Wet op Landdroshowe, Nr. 32 van 1944, nieteenstaande die feit dat die bedrag in geskil die jurisdiksie van laasgenoemde Hof oorskry.
    7. Die Koper is aanspreeklik vir alle regskoste op die skaal soos tussen prokureur en kliënt in verband met enige vordering of geregtelike stappe wat hieruit voortspruit, ingesluitende alle invorderingsgelde.
    8. Alle ooreenkomste aangegaan tussen die Koper en Verkoper word beheer deur die wette en reg van die Republiek van Suid-Afrika.
    9. Indien enige term of voorwaarde van hierdie ooreenkoms ongeldig, onafdwingbaar, defektief of onwettig is vir welke rede ookal, sal die oorblywende terme en bepalings van die ooreenkoms afsonderlik daarvan wees en sal dit geldig en van krag bly.
    10. Die Koper kies:
      1. Hy/sy/hulle posadres en / of e-posadres as die adres waarheen die Verkoper alle fakture, state en kennisgewings in terme hiervan en in terme van die Nasionale Kredietwet 34 van 2005 kan stuur; en
      2. Hy/sy/hulle fisiese adres aangegee op die kredietaansoekvorm of die keersy hiervan as sy domicilium citandi et executandi, synde die adres waar die Verkoper alle hofdokumente mag aflewer.

    Algemeen
    Die applikant / koper verleen hiermee toestemming aan Wenkem:
    - om my / ons kredietrekords na te gaan by enige kredietburo of ander kredietverskaffers;
    - om enige persoon of onderneming hierin genoem te kontak;
    - om die inligting hierin vervat op enige kredietburo se databasis te plaas;
    - om die kredietlimiet op die goedgekeurde rekening in die toekoms te verhoog of verlaag sonder verdere kennisgewing aan my / ons.
    - Indien enige van die inligting op die aansoekvorm verander moet die applikant Wenkem binne 14 dae na sodanige verandering, skriftelik daarvan in kennis stel.
    - Die applikant bevestig dat hy / sy / hulle die termes en voorwaardes soos uiteengesit in hierdie dokument, wat ook op die keersy van Wenkem se verkoopsdokument verskyn, gelees het en dit aanvaar.

     
HANDTEKENING VAN KOPER OF GEMAGTIGDE   DATUM
     
Naam en Van asook Hoedanigheid    

AS GETUIES (verkieslik die agent of verteenwoordiger of beide)
   
HANDTEKENING VAN GETUIE 1 HANDTEKENING VAN GETUIE 2
   
Naam en Van Naam en Van

Addendum A

BORGAKTE:
Naam en Van:    
ID Nommer:  
      
      
      
      
      
      
      
      
      
      
      
      
      
Fisiese adres: (as Domicilium Citandi Et Executandi)    
   
Posadres:    
   
Telefoon nommer:    
Faks nommer:    
("die Borg") verbind hom / haar / hulle hiermee " ten behoewe van (naam van kliënt):    
(“die Kliënt”) as borg en medehoofskuldenaar teenoor Wenkem S.A. (Edms) Bpk (“Wenkem”) vir die behoorlike en stiptelike betaling deur die Kliënt van alle bedrae hoegenaamd wat die Kliënt om welke rede ookal in die verlede, nou of in die toekoms aan Wenkem skuld of mag skuld, uit welke oorsaak dit ookal mag voortspruit, insluitende maar nie beperk nie tot die verkoop van produkte of die lewering van dienste deur Wenkem aan die Kliënt.

Die Borg kom ooreen dat:

  1. Alle bekentenisse of skulderkennings deur die Kliënt, likwidateurs, trustees, geregtelike bestuurders, kurators, eksekuteurs, of enige ander regsverteenwoordiger van die Kliënt die Borg bind of sal bind.
  2. Hierdie borgakte bykomend is tot en nie afbreuk doen nie aan enige ander borgakte, waarborg, vrywaring of sekerheidstelling van welke aard ookal wat Wenkem van of ten behoewe van die Kliënt verkry het of mag verkry.
  3. Wenkem, na eie diskresie, te eniger tyd sonder benadeling van enige van sy regte en sonder kennisgewing aan die Borg:-
    1. enige ander borg, garant of skadeloossteller of enige sekerheidstelling van watter aard ookal deur of ten behoewe van die Kliënt aan hom verskaf, mag ontslaan of kwytskeld;
    2. uitstel mag verleen aan, of ‘n skikking mag aangaan of enige ander reëling mag tref met die partye in 3.1 genoem of die Kliënt ten opsigte van die betaling van hulle skuld aan, of die nakoming van die Kliënt se verpligtinge jeens Wenkem.
  4. Wenkem hiermee onherroeplik gemagtig word om na eie diskresie enige bedrag wat Wenkem ingevolge hiervan van die Borg ontvang, aan te wend ter vereffening van enige skuld hoegenaamd van die Kliënt teenoor Wenkem en wel op die wyse en tydstip wat Wenkem mag goeddink.
  5. Die Borg afstand doen van die voordele van die regseksepsies van uitwinning, skuldsplitsing, sessie van aksie, hersiening van rekenings en geen waarde ontvang, die volle en juiste betekenis waarvan die Borg bevestig hy verstaan.
  6. ‘n Sertifikaat deur enige direkteur of bestuurder van Wenkem (wie se aanstelling, bevoegdheid of kwalifikasie nie bewys hoef te word nie) onderteken:
    1. sal as prima facie bewys van die bedrag verskuldig aan Wenkem deur die Kliënt of die Borg, ingevolge hierdie borgakte dien; en
    2. sal vir doeleindes van voorlopige of summiere vonnis teen die Borg, in enige hof tesame hiermee as likiede dokumente geld.
  7. Wenkem mag enige geregtelike stappe hoegenaamd wat hieruit mag voortspruit instel uit die Gauteng Noord Afdeling van die Hoë Hof van Suid-Afrika, of enige ander hof wat jurisdiksie mag hê oor die Borg of, na keuse van Wenkem, die Landdroshof wat jurisdiksie het ingevolge Artikel 28 van die Wet op Landdroshowe, Nr. 32 van 1944, nieteenstaande die feit dat die bedrag in geskil die jurisdiksie van laasgenoemde Hof oorskry.
  8. Die Borg sal aanspreeklik wees vir alle regskoste op die skaal soos tussen prokureur en kliënt in verband met enige vordering of geregtelike stappe wat hieruit voortspruit, ingesluitende alle invorderingsgelde.
  9. Hierdie borgakte nie sonder Wenkem se voorafgaande skriftelike toestemming deur die Borg herroep mag word nie en dat Wenkem geregtig is om sodanige toestemming aan enige voorwaarde onderworpe te maak.
  10. Die Borg se aanspreeklikheid ingevolge hierdie borgakte nie daaraan onderhewig is dat enige ander persoon hom as borg of medehoofskuldenaar ten behoewe van die Kliënt teenoor Wenkem verbind nie.
  11. Wysiging van hierdie borgakte slegs regskrag sal hê as dit op skrif gestel is en deur die Borg sowel as ’n direkteur van Wenkem onderteken word.
  12. Geen uitstel of tegemoetkoming wat Wenkem aan die Borg verleen ten aansien van enige van sy verpligtinge ingevolge hiervan jeens Wenkem:
    1. ‘n afstanddoening of novasie van enige van Wenkem se regte teen die Borg daarstel nie; of
    2. enige van Wenkem se regte teenoor die Borg benadeel nie; of
    3. vertolk word as basis vir estoppel of as ‘n stilswyende wysiging van enige van die Borg se verpligtinge jeens Wenkem nie.
  13. Sy posadres hierbo gegee die adres is waarheen die Verkoper kennisgewings in terme van die Nasionale Kredietwet 34 van 2005 kan stuur.
  14. Sy fisiese adres gegee hiervan sy domicilium citandi et executandi is, synde die adres waar Wenkem alle hofdokumente mag aflewer.

GETEKEN TE OP HIERDIE DAG VAN
AS GETUIES:
1.     
2.    BORG
AS GETUIES:
1.     
2.    Namens WENKEM SA (EDMS) BPK

Addendum B

INDIEN DIE BORG BINNE GEMEENSKAP VAN GOEDERE GETROUD IS MOET DIE BORG SE GADE DIE VOLGENDE GEDEELTE VOLTOOI:
Ek,     ID Nommer:
      
      
      
      
      
      
      
      
      
      
      
      
      
binne gemeenskap van goedere getroud met:  
gee my toestemming dat hy/sy homself/haarself verbind as Borg en Medehoofskuldenaar ten behoewe van:  
teenoor Wenkem.
AS GETUIES:
1.     
2.    BORG se GADE

Addendum C

TOESTEMMING AAN OUDITEURE:
Ek,
as eienaar / vennoot / lid / direkteur / trustee gee hiermee toestemming aan Wenkem SA om my persoonlike / BK / Mpy / Trust se finansiële state aan te vra by:
 
Kontakpersoon:     Telefoon nommer:  
(of soos ingevul op die kredietaansoekvorm, onder seksie "Ouditeure / Boekhouers"), op voorwaarde dat die inligting wat verskaf word ter alle tye as vertroulik hanteer word.
 
Handtekening van gevolmagtigde persoon

FOR VIR KANTOOR / DEPOT GEBRUIK

REKENINGNOMMER:     VERSPREIDERSKODE:  
DEPOT KODE:     KREDIETLIMIET:  
OORSPRONKLIKE DOKUMENT:     TERME: