MAATSKAPPY-AGTERGROND

Op 1 Augustus 1988 is die maatskappy Wenkem SA gestig deur ‘n groep bekendes in die chemiese bedryf, o.a. die uitvoerende voorsitter destyds, Mnr Willem van der Merwe. Hierdie maatskappy het ten doel gehad om onbeperkte geleenthede te skep vir die boer, entrepreneur en besigheidsman. Op daardie stadium was Wenkem die alleenverspreider van ‘n beperkte reeks plaagbeheerprodukte met sy eie identiteit in eksklusiewe gebiede.

Wenkem is ook bevoorreg om na meer as 25 jaar in die verspreiding van ‘n volledige reeks landbouchemiese produkte in Suid-Afrika en sekere buurlande, steeds ‘n leiersposisie in die mark te beklee. Die maatskappy het destyds begin met slegs 9 stigterslede, en het die afgelope 25 jaar gegroei tot meer as ‘n 100 landbouchemiese agente wat onderskeidelik werksaam is vanaf ±73 depots in al nege provinsies.

Kwaliteit gewasbeskermingsprodukte van die verskaffer was en is nog steeds die basis vir voortgesette groei deur die maatskappy, veral met inagneming van persoonlike wisselwerking tussen die kliënt, agent, produkverskaffer en Wenkem-Span.

Daarom heg die maatskappy waarde aan elke rolspeler na die hoogste vlak, want dit is die rede vir Wenkem se vooruitgang en sukses tot op hede.

Wenkem se Visie

Om die toonaangewer te wees van hoë gehalte en toegevoegde waarde gewasbeskermingsoplossings (d.w.s gewasbeskermingsprodukte plus ondersteunende dienste) aan die boerdery-gemeenskap in Suid-Afrika deur middel van ‘n toegewyde netwerk van verskaffers en verwante verkoopsagente.

profile-afr-quality-badge

Maatskappy-struktuur

Ons kliënte is die Boer, die Entrepreneur, die Sakeman: die hoof-voedselverskaffer vir almal.

Personeel

Wat maak ons anders

  • ‘n Nasionale verspreidingsnetwerk van meer as ‘n 100 gekwalifiseerde verkoopsagente wat werksaam is uit ±73 depots landswyd
  • Sterk verhoudings met gevestigde verskaffers
  • Visioenêre span en sterk bestuur
  • ‘n Persoonlike verhouding met ons kliënte
  • ‘n Mededingende produkreeks
  • Ondersteuning en op tyd dienslewering
  • Jare van kundigheid en wat goed gevestig is
  • Kennis en ervaring
  • Lojale en toegewyde personeel